Lente in die Winter.

My hartsplek.

Die stoep wat my laat wegdwaal van die vervelige realiteite wat elke dag bring.

Hier sit ek elke aand en luister hoe die stilte raas.

Die kalmerende donker sluk my in deur vrye wil en ek sweef deur oomblikke en herinneringe wat my hart raak.

Donderstorms en motreën.

Warrelwinde en sielrakende briesies.

Alles meer as welkom hier in ‘n hart wat lewe kry wanneer die son sak.

Hierdie oomblikke – lente in die winter

My hart is ‘n plaashuis.

Dit is stil en lewendig hier.

Die geroeste tuinhekkie wat die pad na my plaashuis toe bewaak is weg.

Daar is net ‘n geroeste paal – vir rede gaan ek aanneem.

Die pad na my hart is oop, slot en grendel is nie meer nodig nie.

Die plaashuis dak bestaan nie – vernietig.

Dit maak sin, hoekom ‘n enkele sonstraal uithou?

Swart geverfde vensters, nou net venster rame – ‘n boek sonder ‘n skerm kan nie geoordeel word voor dit gelees word nie.

Binne lyk alles anders, maar dieselfde – soos ek dit altyd sal onthou.

Bladsye en bladsye vol geskryf teen die mure – mooi, lelik, deurmekaar, maar sinvol met betekenis.

‘n Verlate kraaines in ‘n boom sonder blare.

Die donnerse kraai – geskiedenis.

‘n Kombers van sterre onder die hemel bederf my met ‘n enkele wens.

Langs die huis af waar soveel halfmas blomme gewei het is die eintlike rede vir my besoek vannaand.

Drie nuwe siele kom na vore.

Drie gate word gegrou om drie nuwe lewens tuis te maak in ‘n plaashuis hart.

Tevrede.

Hoor hoe raas die stilte.

‘n Hart wat glimlag.

Vanaand ruik ek die Lente in die Winter.

Advertisements

2 thoughts on “Lente in die Winter.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s