Destination unknown..

Waarheen gaan jy as jy in ‘n kombi kan klim en in enige rigting in kan ry….

‘n Beplande roete is net ‘n vakansie, is dit nie?

‘n Vakansie is soms net nie genoeg nie.

Die idee van hierdie foto teen my muur is om my te herinner dat ek my tassie vol gevoelens en emosies kan pak om te escape wanneer ek wil.

Escape van alles om my, van dinge waarmee die realiteit my boelie wat elke dag bring – die klappers wat elke dag in my kop af gaan.

Wil ek escape na iewers heen?

Ry ek Kaap se kant toe?

Die see is enige siel se logiese antwoord.

Skop ek my tone in die sand in en kyk ver uit oordie oseaan? Net kilometers en kilometers van eintlik niks nie.

Die wind sal deur my hare waai waar ek op die strand sit. Mengelmoes van geure en reuke gaan my van voor af tref, wel net die reuke en geure wat jy by die see sal kry. Dit is siels tergend.

Die sout sal aan my lippe kom hang om my te herinner dat realiteit nie altyd soet is nie.

Sekonde op sekonde sal ‘n nuwe brander voor my breek en terug trek net om weer dieselfde te doen.

Dalk verbeel ek my, maar probeer die golwe vir my sê as ek val moet ek opstaan weer probeer? Klink na die perfekte oplossing.

Dalk…

Daar is nooit stilte by die see nie.

Die see laat my net na dinge verlang, dinge wat ek eens op ‘n tyd beleef of gevoel het. Verlange na gesigte en glimlagte wat daar was en saam met die branders terug getrek het na daardie kilometers van niks toe nie.

Hoekom wil ek onstap na verlange toe?

Is escape in ‘n ander rigting dalk?

Ry ek die berge in om op die hoogste punt te gaan sit? Hier is alles stil en kalm. Vestig ek myself op ‘n rots net om af te kyk na die groen, bruin en blou?

Dit maak my dromerig.

Drome met soveel berge in die pad wat realiteit voor jou neerplak om blindelings daaroor te kan struikel.

Laat my dink aan die golwe wat voor my sou breek as ek op die strand gesit het.

Val, breek, staan op en begin van voor af.

Dit is nie ver genoeg vir escape, nie een van hierdie plekke nie.

As ek in die berge was moes ek weer omdraai terug realiteit toe, die einste plek waar ek probeer van ontsnap het.

Vorentoe? Genoeg gesê…

Daar is baie ander maniere van escape, nie vandag nie, maar daar is.

Vasgevang in die ratrace van realiteit.

‘n Leë hart escape nooit nie. Dit bly ‘n neverending oorlog in jou siel.

Realiteit.

Van ons kan, van ons kan nie.

Die foto teen my muur gaan net ‘n droom van escape bly.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s