God wil bel.. 

My hartsplek – Die stoep waar ek soveel keer kom sit en dink het in my alleentyd.

Daar is terug na die verlede toe gesweef om herinneringe te herleef en vorentoe gedroom na waar ek hoop my lewensboek my gaan bring eendag.

Die perfekte tyd word deur die reuk van lente in my longe komplimenteer.

‘n Uitsig oor honderde liggies met hartstrelende musiek in my ore wat my soveel keer bygetaan het in hartseer en gelukkige tye. Dit alles vou my toe in ‘n vertroosdende kombers, ek voel veilig.

As ek kon kitaar speel het my vingers die sielsrakende Halleluja lewe op die stoep gegee sonder woorde, net ek wat die wysie neurie.

Die rede hoekom ek vanaand sit waar ek sit en voel soos ek voel, alleen op ‘n plek waar dit stil in die donker is, op my gelukkigste is vanselfsprekend:

God wil bel.

Die geleentheid om met Hom te praat is hier.

Dit is nou tyd om dankbaar te wees vir dit wat ek het en ook nie het nie, die mense in my lewe wat soos velcro plak en ook die mense wat oppad uit is met ‘n eenrigting kaartjie om nuwe siele se lewens te verhelder.

Miskien is dit nou die tyd om te praat oor die kettings wat my vashou. Kom ek bluf myself nie, ek is nie Simson wat die kettings net kan afruk en amok kan maak nie.

Angs vat oor as ek net daaraan dink en ek voel dit is tyd om te praat, net te praat en te praat tot die donker gevoel soos waterdruppels van my rug af rol.

Soms wonder ek hoe die reuk van Lente soveel emosie kan uitlok sonder om eers te probeer.

Dalk is dit ‘n goeie ding.

Dit bring my op my kniëe en breek die klip om my hart al het ek myself teveel probeer oortuig dat ek ‘n hartelose wese wil en kan wees.

As jy hier lees vanaand, doen jouself ‘n guns en kyk vanaand na die maan, inteendeel, kyk elke aand na die maan en droom,

Dont tell me the sky is the limit when there are footprints on the moon…

Droom van alles wat ‘n seëning soos die reuk van Lente in jou hart bring. Dit vat daardie einste reuk om ‘n wilde hart te tem en alles van goeie dinge tot slegte dinge soos ‘n wilde rivier deur jou are te laai vloei.

Vat ‘n minuut en bel vir God, al stuur jy net ‘n please call me, God bel altyd terug.

Ek leef myself weer in die liedjie Halleluja in.

Daar is’n engel koor om my aan die voet van ons Almagtige Vader.

My kop sak stadig grond toe, alles raak stil en donker om my.

n Glimlag vorm..

My oë sluit…

Dit is tyd…

God het terug gebel.

Advertisements

One thought on “God wil bel.. 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s