Nasionale braai dag

Katrien het my uit die huis uit gejaag oor ‘n groot misverstand tussen my en haar. Sy verstaan my nie en ek het volgens haar nie verstand nie.

Die kanse dat ek op hierdie gemaklike kampstoel gaan slaap vannaand is relatief groot.

Lang storie kort, Katrien het aangeneem haar verjaarsdag is die belangrikste dag van die jaar op my kalender. Dit is nie en sy moet minder aanneem ek gaan haar bo ons land se erfenis dag kies.

Nasionale braai dag – my dag, maar dit is eers môre. Hierdie is sonder twyfel die belangrikste dag in die geskiedenis van vakansie dae in Suid Afrika.
Sy het toevallig die einste braaier wat ek môre gaan inlyf vir my gekoop vir my verjaarsdag.

Katrien ken al my ou braai roetine en laat my toe om alles te beplan ‘n paar dae voor die groot dag. Selfs my braaier kan binne staan langs ons bed. ‘n Vrou wat op hierdie vlak verstaan is ‘n houvrou.

Sover het daar in al die vorige jare iets voorgeval wat tot kanselasie van nasionale braai dag in hierdie huishouding gelei het.

Verlede jaar het Katrien se pa op ‘n perdeby gaan sit en is omtrent twingtig keer op sy linker bal gesteek. Die jaar voor dit het haar ma oor haar oorgewig poedel gestruikel in die donker en van die tweede verdieping by die trappe af gedonner. Drie ribbes en altwee voortande moertoe. Altwee insidente vergeeflik weens die komielike situasies.

Nie diekeer nie, ek braai hierdie jaar!

Al moet dit nou voor die hospitaal wees.

My braai roetine verloop as volg:

Twee aande voor die dag word my nuwe braaier uit sy eie tuisgemaakte stoorkamer uitgestoot sodat ek met liefde en noukeurige aandag die onnodige stof kan afvee.

Die rooster word vier tot vyf keer blink gevryf totdat ek my refleksie kan sien.

Dit word dan in die slaapkamer ingestoot en bedek met ‘n gehekelde kombers wat my Ouma vir my toekomende kinders gehekel het.

As ek dit kon optel het dit langs my in die bed gestaan, maar ek is relatief normaal en dit sal verregaande om vir Katrien op so manier die moer in te maak.

Die dag voor braai dag word daar inkopies gedoen. Brood, kaas, tamaties, vleis, bier en genoeg braaihout om ‘n boomhuis te kan bou.

Daarna word die vleis gemarineer in ń ou familie resep en alles wat nodig is vir bykosse word op die kombuiskas uitgepak.

Ongelukkig kan ek nie die resep deel nie, maar wat ek wel kan sê is dat bier nie net gedrink hoef te word nie.

Die gaste lys word daarna opgestel.

Hierdie jaar wou ek nie Katrien se ouers nooi nie, maar sy het haar voet neergesit. Op my voet bygesê. Sy het haar voet daar gehou totdat ek hulle name op die lys geskryf het.

Ek haat dit as haar pa kom omdat hy alewig die braai oorvat en beterweterig is. Nie eers te praat van die feit dat hy die vleis taaier as ‘n rubber skoensool braai nie. ‘n Goeie veearts moet my tjoppie nog kan red en so nou en dan moet my sosatie ‘n hap van my slaai probeer vat.

Wel, hier sit ek nou op die stoep, verban uit die huis oor ‘n simpel misverstand.

Om myself besig te hou het ek alles weer deurgegaan om seker te maak braai dag gaan ‘n sukses wees.

Terwyl ek noukeurig aan my gastelys slyp het Judas, die buurvrou se kat, oor die muur gespring en stip in my oë gestaar.

Die bliksemse kat het reguit na my braaier toe gestap, op die rooster gespring en net daar gepis.

Na stringe vloekwoorde, twee tekkies en ‘n stuk hout wat niks getref het nie, het Judas my aangegluur met ń kak houding en weer weggestap. Katrien het vir my gelag van binne die huis af en gesê ek gooi soos ń meisie en verder haar sepies gaan kyk terwyl ek nogsteeds verban uit die huis op stoep moet sit.

Die gastelys.

1. Frikkie, my beste pel. Ons kan vir weke lank elke aand braai en sal nooit iets reel sonder mekaar nie.

2. Bosvark, Frikkie se vrou. Verpligtend vir Frikkie se welstand omdat sy geneig is om hom te boelie. Ons sal haar enige tyd nie wil nooi na enige iets toe nie.

3. Vlakvark, Frikkie se skoonsuster. Ongelukkig ook verpligtend omdat sy my tande sal uit bliksem as ek van haar vergeet.

4. Die nuwe dominee en sy los dogter. Katrien se idee. Sy wil alewig die hele buurt voer en dit gaan veroorsaak dat hulle altyd gaan terugkom vir elke sosiale geleentheid

5 Katrien se ouers. Verpligtend.

6. My buurvrou, die vorige dominee se nuwe eks vrou. Sy is emosioneel onstabiel en kort vriende om haar by te staan in haar tyd van nood volgens Katrien.

Kort en kragtig, maar ek kan aan ses van die gaste dink wat liefs by die huis moet bly.

Die aand voel na maande wat eers verby moet gaan voor braai dag hier is. Katrien het my ‘n paarkeer kom keer om die vuur aantesteek en het my vuurhoutjies gekonfeskeer.

Die gamaklike kampstoel het nie so gemaklik geslaap as wat ek gedink het nie.

Nasionale braai dag het opgedaag.

Voor enige haan kon kraai het ek al buite op my daklose stoep in my onderbroek gestaan om die sonsopkoms van hierdie belangrike dag te aanskou.

Slaap was maar min omdat ek heeltyd gedroom het iemand steel my nuwe braaier.

Is Katrien al wakker? Daar is braaibroodjies wat gemaak moet word!

Suutjies het ek by die trappe op gesluip om seker te maak my braaibroodjie spesialis verslaap nie, want daardie braai taak het baie aandag en liefde nodig.

Sy is nog vas aan die slaap.

Voor ek kan dink het ek my vinger in my mond gedruk en daarna in haar oor. Sy het opgevlieg en my met ‘n vuis probeer bykom.

Gewoonlik hardloop ek net uit geld of geduld uit, maar wanneer Katrien klappe en vuishoue uitdeel hardloop ek sonder skaamte weg.

Die oggend se gebeure het as volg verloop:

1. Ek was meeste van die tyd net in die moeilikheid by Katrien.

2. Sy het my later die oggend bekruip en elkgeval ‘n klap gegee toe ek skelm onder ‘n boom gestaan en pis het.

3. Sy het my nog later met ‘n rasper probeer vermoor toe ek haar vra hoekom sy huil terwyl sy die broodjies maak. Sy het genoem dat dit die uie se snyery was en ek het probeer raad gee. Om nie ‘n emosionele band met die ui te vorm nie was die verkeerde antwoord.

3. Judas, die buurvrou se kat, het drie sosaties gesteel.

4. My sms aan Katrien se pa dat ons oornag moes trek het in my gesig opgeblaas toe hy direk daarna vir Katrien bel.

5. Ek het die res van die oggend na my vuurhoutjies gesoek sonder sukses.
Net voor twee die middag het dinge in plek begin val.

Die gaste het almal gelyk opgedaag en ek het meeste van hulle beleefd gegroet.

Katrien se pa het natuurlik hoender gebring en sy eie braaitang. Die buurvrou het dooswyn en ook hoender gebring. Die nuwe dominee en sy losser as tuinhekkie dogter het rooikoeldrank en blêrrie hoender gebring. Vlakvark het drie hoenders gebring en Frikkie het net sy vrou gebring met twaalf yskoue biere.

Die braai het goed gegaan met ‘n paar klein insidente, maar niks ernstig nie.

1. Katrien se pa het my met sy braaitang aan my neus gekryp nadat ek beleefd sy kak braai vernuf beklemtoon het. Katrien het gekeer en haar pa se braaitang op die dak gegooi. Hy het sy gat gewip en by sy vrou gaan sit en kla.

2. Dominee het die buurvrou se Leviete vir haar voorgelees oor haar dooswyn verslawing. Sy het hom op sy maermerrie geskop en by Katrien gaan skinder.

3. Dominee het verlief gelyk na die skop en met ‘n rooi koeldrank snor op sy bolip gesit en grinnik.

4. Sy los dogter het vir Frikkie ogies gemaak. Bosvark het haar gesien, vir Frikkie aan sy knaters gegryp en gedreig om alles wat hang met ‘n bottermes te verwyder.

5. Vlakvark, wat gewoonlik ogies vir my gemaak het, het van my vergeet en met die los dogter flankeer. Ek was amper doodseker Vlakvark gaan haar probeer braai toe sy vir Bosvark fluister dat sy die meisie soos ouma se beskuit gaan proe voor die aand verby is.

6. Ek was op gelukkigste voor die braaier met my eie braaitang besig om met die hoender te worstel. Mense wat hoender na ‘n braai toe vat kan eenvoudig net nie vetrou word nie.
Die res van die middag het goed verloop behalwe dat ek almal se hoender buite gebrand het en dit nog pienk binne was.

My vleis was perfek en die braaibroodjies ‘n seëning van bo af.
Eventueel het almal na ete om ‘n nuutgemaakte vuur gesit en klets oor alles waarin ek nie belangestel nie.

Nog ‘n string insidente het opgeduik toe Judas, die bliksemse kat opdaag.
Soos die duiwel dit wil hê het Judas verveeld met die mense geraak en probeer om ‘n hadida op die dak te vang.

Die hel het losgebars in my agterplaas toe die hadida skrik en vir Judas aan die stert gryp. Nes Judas was die voël se selfvertroue te groot en hy het grond toe gedonner voor hy kon wegvlieg met die kat in sy bek.

Almal het uit skok opgespring en rongeskarrel soos ‘n klomp miere.

Dominee het met gat eerste op die kole beland en my braaier moertoe geval.

Die kole het gespat en letterlik al die gaste by die braai gebrand.

Die hadida het in Katrien se hare verstrengel geraak en sy het histeries gegil.

Dominee se dogter het in Frikkie se arms gespring en Bosvark het haar uit jaloesie ‘n blou oog geslaan.

Katrien se pa het met die hadida in sy dogter se hare gestoei en haar ma het dominee se gloeiende boude probeer afkoel met sy rooikoeldrank.

Die buurvrou se hare het vlam gevat en sy is kop eerste in die amper leë swembad in.

Vlakvark het vir Judas probeer vang, maar hy was te rats vir haar en het ‘n krapstok van haar been gemaak.

Judas het in Katrien se ma se arms gespring en sy het vir Vlakvark met my braaitang gedreig om hom te los.

En ek?

Uit baie ondervinding van onsmaaklike situasies het ek soos gewoonlik in die

naaste boom op geskarrel en die hele petalje van bo af aanskou.

Die skade was groot.

Nadat die hadida met ‘n snawel vol hare ontsnap het en Judas oor die muur gevlug het, het almal baie knorrig na my in boom gekyk terwyl hulle aan hulle brandwonde voel.

Katrien se kop was vol happe en dit het gelyk asof ‘n driejarige haar hare probeer sny het.

Haar pa was vol bloukolle en krapmerke. Verdiende loon voel ek.

Dominee se los dogter het moontlik harsingskudde gehad na daardie vuishou van Frikkie se vrou af.
Dominee se boude was vol blase en het geblink van die rooikoeldrank deur die twee gate in sy broek.

Katrien se ma is natgepis deur Judas en ook aan die hand gebyt.

Vlakvark het doodsdreigimente links en regs gegooi en belowe om vir Judas te braai as sy hom in die hande moet kry.

Die buurvrou het ‘n nuwe bles gehad.

Bosvark het vir Frikkie aan die oor rondgetrek omdat hy die dominee se dogter met ‘n glimag gevang het.

Almal het my gelyktydig begin skel, belowe om nooit weer by my huis te braai nie en saam by die voordeur uitgestorm.

Met trane in my oë het ek eers na die sterre gestaar en my kop in my hande laat sak.

My nuwe braaier wat vier maande van Katrien se salaris gekos het, het behoorlik sy gat gesien en in stukke gelê.

Die laaste gedagte het deur my kop gesweef en met n snik het ek besef,

Braai dagi is nie vir laaities nie…..

Die einde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s