Hoekom dit voordelig is vir vroue om ‘n mollige outjie te kry.

Kom ons wees eerlik.

Picaso het my nie met sy verfkwas gebliksem wat voorkoms betref nie.

Dit is nou een skildery way jy nie in enige gallery gaan kry nie.

Ek is poeselig – snoesig as ek dit so kan stel. Nie die ander een wat met flitslig gekoppel word nie. Die woordeboek dui duidelik aan dat dit meer van ‘n gesofistikeerse woord is vir mollig.

Ek is ongemaklik fris – goed gebou, kak gepleister.

Vroue kyk gewoonlik in ‘n ander rigting of probeer ‘n nie-bestaande veter vasmaak op haar hakskoen as iemand soos ek die idee kry van ‘n geselsie aan te knoop. Net in sommige gevalle, bygesê.

Met ‘n handvol redes hoekom mollige ouens eintlik die perfekke kêrels kan wees, het ek een vir een op my vingers en tone af getel.

Die voordele van mollige mans.

1. Jy gaan nooit honger slaap nie? Daar sal altyd liefde in jou maag wees.

2. Jou selfvertroue gaan altyd hoog wees omdat jy die portret in die verhouding gaan wees. Natuurlik is jy klaar mooi, jy lyk net nog mooier aan my sy.

3. Ons is die beste cuddle spesialiste. Klou soos velcro in die winter en sal jou hand van ‘n distansie af vashou in die somer.

Vanselfsprekend die beste kussings om op te lê, behalwe as jy seesiek raak kan dit effens van ‘n probleem wees. My maag is geneig om brandertjies te maak wanneer daar direkte drukking op geplaas word.

Daardie ses blokkies op friskris se maag kan nie gemaklik wees nie – jy kan netsowel op ‘n baksteen lê.

4. Ons is permanent warm op koue winters aande en word soms beskou as snoesige teddiebere, heuningbere – Die oranje beer met die bacon as ‘n vriend.

Al wat ek sê is, as jy ‘n hoop bene wil vashou kan jy netsowel ribbetjies bestel by Spur en dit cuddle.

5. Meer lojaal as ‘n hondjie wat weet waar sy kos vandaan kom. Ons flankeer nie sommer met enige ander meisies nie. Ons is ongeletterd en dit is moeite omdat ons tienkeer harder gaan moet probeer om iemand se aandag te trek.

Inteendeel, ons probeer nog om jou te beindruk.

6. Ons gaan jou nie oordeel as jy ‘n hele brood op eet of ‘n bier in ‘n paar sekondes kan plunder nie. Dit is impressive en ek sal verseker in my noppies wees.

8. Oorgroot t-hemde wat soos ‘n nagrok onder jou knieë gaan hang sodat jy daarin kan slaap.

9. Ons drukkies gaan jou laat veilig voel.

Jy weet, een van daardie drukkies wat styf om jou vou en jou voete letterlik onder jou gaan uitslaan, meer omdat jy opgetel gaan word in die oomblik van omhelsing.

10. Persoonlike lyfwag? Niemand is regtig lus om skoor te soek met iemand wat lyk of hy hom gaan kan opeet nie.

11. Boesman boude. Lekker om so nou en dan te knyp – vir stres doeleindes.

12. ‘n Sin vir humor is gewoonlik die sterkste bate wat ons besit. Jy gaan altyd lag – soos dit hoort. Elke dag. Ons sit effort in, meer as die volgende ou wat probeer.

13. Ons waardeer die klein dinge wat na ons kant toe kom, al is dit net ”n broodjie en ‘n bietjie liefde.

14. Daar is altyd plek vir verbetering in ons leefstyle – van grotman tot gentleman.

Om af te sluit moet jy weet dat wanneer die deur oopgesluit word na ons harte toe, kry jy die sleutel om te hou.

Dit is feite.

Mollige oukies maak die perfekte kêrels.

3 thoughts on “Hoekom dit voordelig is vir vroue om ‘n mollige outjie te kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s