Die lekkerste gevoel

Die lekkerste gevoel was nog altyd debateerbaar as jy my vra.

Hongerpyne uitwis was nog altyd ‘n gunsteling.

Nie vandag nie.

Vandag het die tor in my kop heeltemaal van sy stokkie afgebliksem omdat my blaas besluit het dit is tyd NOU tyd om te laat gaan en ‘n tsoenami los te laat.

Net een probleem!

Die naaste kakhuis was ‘n entjie weg!

Daar was wel ‘n paar kleinerige potplante, ‘n paar bome in die parkeer area en ‘n asblik of twee tot my beskikking.

Twee van die opsies was baie aanloklik, behalwe die bome buite. Veral die potplant met sy plastiek bloom.

Eerstens, die weer.

Ek wil nie môre in die koerant onthou word as die ou wat gaan water afslaan het in ‘n donderstorm net voor ‘n weerlig straal hom raak gebliksem het nie.

Elkgeval sou ek nie nodig gehad gehad om te gaan as daar weerlig in die eerste plek was nie. Saam met my siel wat my ligaam verlaat gaan die water in my saam uit as iets hier diskant my gat blits.

Tweedens, slange.

Dit mag dalk koud wees, maar uit ervaring met ‘n rinkhals en onder ‘n boom staan om te piepie gaan ek nie weer so kans vat nie.

Die blompot en asblik idee het ek ook maar laat vaar omdat dit ‘n hele paar mense sal laat frons en my ma redelik hard probeer het om my maniere te leer.

Die probleem het erger geraak.

Om so nood te knyp befok my brein en lyf heeltemal. Alles gaan in traksie van skok en my bene vergeet hoe om te funksioneer. Ek kners so hard dat ek amper elke tand in my bek kraak, my gesig raak rooier as ‘n oorryp tamatie en die aar aan die linkerkant van my kop bult so ver uit dat hy enige oomblik kan bars as ek ‘n skielike beweging maak. Ek knyp my boude so styf teen mekaar dat dit eintlik onmoontlik is om te beweeg en in dieselfde asem weet ek dit is die naaste aan oefen wat ek in ‘n lang tyd gekom het. Môre voel my gat weer so seer soos in die ou dae toe die skoolhoof my half dood gebliksem het met sy rottang.

Alles goed en wel, ek stuur maar ‘n gebedjie op en hoop my blaas ontplof nie van al die kompressie wat al opgebou het nie.

Dit is daar waar ek ook besluit het om nooit weer water te drink asof my gesondheid daarvan afhang nie.

Ek het myself minute daarna weer gevind en die krag gekry om stadig te beweeg na die naaste pisplek toe wat nogsteeds redelik ‘n entjie ver weg was.

Ongelukkig het ‘n tannie wat ek al jare vermy in my vasgeloop en begin praat van haar gesondheid en troeteldiere wat so oulik is. Ek kon fokkol hoor regtig nie, want my ore het getuit en my tande het al begin swem.

Ek is nou oortuig ek het my bloeddruk die hoogtes in geknyp met my gelaaide blaas.

‘n Paar minute later het ek net besluit fok dit, fok haar kat met haar tien kleintjies en weg gewaggel soos ‘n oorgewig pikkewyn.

Ek sal eendag jammer sê, alhoewel ek dit net gedink het en nie gesê het nie.

Kakhuis gevind, heeltemal beheer verloor toe ek my broek aftrek tot onder my boude en alles behalwe die toilet raak gepis.

Die helfte van my broek en my tekkies het ook deurgeloop.

‘n Gevoel van geluk het deur my hele lyf gevloei op daardie oomblik. Ek het hoendervleis gekry en die langste sug van verligting gegee toe alles verby is.

Lang storie kort, ek het al baie dinge in my lewe ervaar wat tot my kleintoontjies laat krul het, maar niks so lekker soos die gevoel nie.

My lus vir die lewe is weer terug en ek kan nou enige iets aanpak voor my.

Sonder twyfel, is die lekkerste gevoel in die wêreld die ontploffing nadat jy die grootste nood ooit geknyp het…

#KPA #etisestories

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s