Frikkie se eerste en laaste verlief.

Vandat ek kan onthou was Frikkie nog altyd ‘n eensame siel in sy jonger jare.

Daar was tyd in ons laat twintigs wat ek geglo het hy gaan eendag alleen doodgaan en twintig oorgewig katte agterlaat wat ek moontlik gaan erf en moet versorg.

Soos ‘n beste vriend sal maak, het ek hom ingeskryf vir Mechanic soek sy Titanic om sy liefdeslewe te probeer red.

Dit is die Oosrand se eie plaaslike televisie reeks waar jy vir iemand ‘n brief kan skryf.

So gaan dit heen en weer tot een van hulle besluit op ‘n proefsteek.

Na ses maande se briewe het Frikkie en sy nuwe vlam uiteindelik op ‘n proefsteek gegaan.

Soos verwag was altwee se standaarde baie laag en dit het na ‘n semi-romantiese aand gelei by die Brakpan dam kompleet met ‘n wolkombers, twee kerse en elkeen ses biere.

Saam het hulle besluit dat Bosvark (Frikkie se nuwe vlam) sou oorgeslaap omdat sy te dronk is om te bestuur en Frikkie te swak in die arms is om haar op te tel.

Dinge het glad net sleg verloop nie, maar ook net tot hulle gaan slaap het.

Ongelukkig is Frikkie ‘n erkenne snorker en sal ‘n leeu met sinus laat bloos soos hy brul in sy slaap. Nie eers ‘n sokkie in sy bek druk keer daardie snork nie. Ek weet, hy het een van my sokkies ingesluk met die laaste probeerslag van my af.

Lang storie kort…

Bosvark het met haar babbalas omgedraai in die bed en hom net daar ‘n taai klap oor sy voorkop gegee. Frikkie het so groot geskrik toe die klap hom tref dat hy instinktief by sy woonstel se venster probeer uitspring het.

Bosvark het hom gelukkig gekeer, want sy woonstel was op die sesde verdieping van die woonstel blok.

Na Frikkie bedaar het, het Bosvark weer ingesluimer en uit vrees vir nog ‘n taai klap het hy die res van die nag wakker gelê en vir haar gestaar. Meestal omdat hy haar net mooi fokkol vetrou het nie.

Alhoewel sy soos ‘n boerboel kwyl het sy tog na ‘n engel vir hom gelyk terwyl sy slaap.

Net daar in sy bed het Frikkie besluit dat hy aan hierdie vrou vasgeketting wil word vir die res van sy lewe.

Word vervolg…

NS. As ek nou vir Frikkie vra hoe die getroude lewe is antwoord hy met n swaar sug op sy hart..

My maat – Verbeel jou jy ketting jouself aan ‘n beer vas…..

Dan skop jy haar.

#KPA #etisestories

One thought on “Frikkie se eerste en laaste verlief.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s