Vrede om jou tafel.

Vrede om jou tafel.

Die son is nog ‘n paar ure weg van gesig wys, maar hier lê ek wakker met hordes vrae wat onrustig deur my kop maal.

Die onlangse gebeure tussen my mense, vriende en onbeplande kennisse het nes ‘n wit en swart film op die grootskerm deur my gedagtes gespeel. Met my hande agter my kop ingevou het ek met krapperige oë daarna gekyk en met die padda in my keel gestoei.

Tot my teleurstelling het ek agter gekom slange kom nie altyd voor in vyande nie, maar deur die mense wat jou tjomma, vriend of mater noem. Jy weet, die mense wat gewoonlik die naaste aan jou is.

As ek hare op my kop gehad het, het ek nou klosse begin uitrek van frustrasie, maar my pit is  hopeloos te bles vir selfs ‘n enkele klossie.

Misbruik, verraad, tweegatte en leuenaars is net ‘n amper handvol slange wat kop onlangs uitgesteek het. Al moet ek self sê, die name pas nogal mooi by die gesigte.

Die res – nie eers die moeite werd om frustrasie op te bou nie.

Hierdie is die tipe kak wat my nou wakker hou in die vroëe oggendure teen my sin.

Uit ongewensde ondervinding weet ek nou dat die tipe mense in jou lewe jou maak of breek en ek gee nie om hoe sterk en selfstandig jy dink jy is nie, nes ek en die res van wêreld, kort ons die regte konneksies met die REGTE mense.

Moet asseblief nie verbaas wees wanneer jy agterkom die regte mense sit  nog altyd reg onder jou neus gesit nie.

My konklusie tot die fokkop in my kop…

Die sosiale aspek van jou lewe kom voor as ‘n eetkamertafel en ek is oortuig daarvan dat net vyf uit tien mense kan sê dat hulle tevrede en gelukkig kan wees met die mense om hulle eie tafels. Die mense wat jy onthaal om jou tafel moet die vrede in jou lewe wees.

Hierdie mense wat in vrede lewe en gelukkig voel het gewoonlik baie kleiner tafels as wat mens sou dink hulle het.

Nietemin;

My eetkamertafel word hersien vanoggend.

Wees geduldig en kom sit hier langs my dat ek probeer verduidelik waaroor alles gaan.

Verbeel jouself om jou eie tafel met twaalf sitplekke. Jou stoel is natuurlik die hoofstoel en daar gaan vier maaltye een vir een voorgestel word vermom as vrae in moontlike situasies, gebeurtenisse of sommer net iets wat iemand se verteenwoordigheid kan bevraagteken.

Elke stoel het ‘n nommer van twee tot twaalf en dit is vanselfsprekend dat nommer een joun stoel is.

Let nou op in die klas.

Die tor in my kop het leiding geneem en die name een vir een voor my uitgelê met elke stoel se nommer by ‘n naam.

Sien self die mense om jou eie tafel. Is hierdie mense vrede vir jou siel?

Is hierdie name regtig wat ek voor my sien die name wat om hierdie groot tafel van my hoort?

Die vrae wat ek myself vra oor elke persoon om my tafel vat meeste van die dink werk oor deur ‘n dag.

Is dit nodig om enige van hierdie mense se teenwoordigheid te bevraagteken in die eerste plek? As dit nie nodig was nie hoekom vra ek dan?

Ek voel skuldig, maar ja dit is nodig om te vra, want die mooiste voorkoms het soms die duisterste motiewe. Ons staar blindelings vas in woorde wat reg klink en wat ons dink ons wil hoor. Meestal is ons net versot op die idee van ‘n persoon en kyk verby enige iets wat jou tafel kan benadeel.

Die vrae…

Vra jouself hierdie vrae om en besluit self of jy die gaste om jou tafel verder wil vermaak.

  1. As ek net my vriendskap kan bied nadat ek alles verloor het, wie gaan oor wees om my tafel?

Moeilike situasies onbloot die regte vriende, maar wie om hierdie verdomde etenstafel gaan sit as die kak die waaier tref?

Ek moet bieg…

Ons sit almal om ander mense se tafels ook en om sommige van daardie tafels sal ek opstaan en loop sonder om terug te kyk.

Nie almal se stront is die sit werd nie.

Die bliksems waarvan ek eintlik praat is die wat loop wanneer jy niks meer kan bied nie.

Noem hulle die takhaar ape.

Hulle spring rond van tafel tot tafel na die mense wat te maklik hulle siele sal verkoop om ‘n tafel vol te maak.

Die takhaar ape is altyd opsoek na iets om te misbruik en snaaks genoeg is daar altyd ‘n sitplek vir hulle. Dit seker maar die mense se probleem wat graag wil in pas waar hulle nie hoort nie.

 

Ek het al gesien, net omdat iemand kan sê hy of sy loop saam met jou beteken glad nie hulle sal vir jou loop nie.

Bliksemse tweegatte wat dink hulle gatte skein sonlig, maar in werklikheid loer die duiwel van binne af daaruit met ‘n flitslig!

Die tor in my kop het die ligte vloermoer wat sekondes terug gebeur het onder beheer gekry voor dit kon hand uitruk.

Tot my verbasing het die tor my forseer om op te staan en die stoel met die nommer sewe om te draai en op die tafel te sit.

Dit was redelik maklik.

Sug..

Letterlik ‘n kramp in my hart omdat verlange dalk gaan oorneem, maar ek vertrou my tor en die feite is daar dat dit moes gebeur.

Nadat ek gaan sit het kom die tweede vraag op en ek sit terug om die situasie noukeurig te aanskou.

  1. Wie is lojaal? Weet enige iemand wat lojaliteit ooit beteken teenoor iemand?

Wie om hierdie tafel kan lojaliteit agter my rug handhaaf en nie net in my teenwoordigheid nie? Almal wat my goed ken, ken my geskiedenis met die buurvrou se kat Judas.

Al wat ek sê is ongelukkige gebeur soms nege keer na mekaar, maar die miljoen rand vraag is, wie gaan my help om nege gate te grou om van die bewyse ontslae te raak? Wie bring die graaf en wie bel die SPCA om my gat te brand. Nie dat ek iets onwettigs sal aanvang nie, maar ek gaan nie meer sy krapstok wees net omdat hy in n kak bui is nie.

Lojaliteit gaan dalk nie brood op die tafel sit nie en in sommge gevalle kan lojaliteit van jou ‘n deurmat maak, maar die mense om jou tafel moet ‘n dieper betekenis van lojaliteit kan bied.

I have your back” is vir my net nog ‘n nuttelose sin wat geen waarde het nie. Elkgeval nie met sommige mense wat ek huidiglik, om my tafel het nie.

Drie stoele, nommer nege, drie en vyf het vanself omgeval en ek het my kop in teleurstelling laat sak.

Fokkit!

Dit gaan ‘n leemte agterlaat, maar dit moes gebeur.

Totsiens, moet asseblief nie in die deur vasbliksem oppad uit nie.

Vraag drie het opwagting gemaak.

  1. Wie praat net en wie doen?

Soms kan iemand glad nie ‘n situasie verstaan nie.

In sekere gevalle kan ‘n woord nie die situasie oplos nie en daar is n fyn lyn tussen man the fuck up en ondersteuning.

Dit is die mense wie saam met jou onder jou reenboog staan tydens oorwinnings, geluk en goeie tye, maar ook sterker saam met jou staan in die reën, donderstorms en slegte tye.

Hulle is regte superhelde en hoort om jou tafel.

n Voorbeeld wat my nogal pla.

Laat ek nou vir jou die Lotto wen dan is almal daar om saam te spandeer, maar as daardie geld nou moertoe is?

Waar is die hyenas nou?

Weg, besig om iemand anders se opkomende finansiele probleme aan te help. Toe dit pap gereën het almal kom skep tot dit klaar was.

My vraag aan die tafel is,

Wie sal saam met my skoensole sonder sout vreet waneer die pap klaar is?

Ek weet op die oomblik self nie eers nie. Ek wou skoensole sonder sout vreet saam met ‘n paar mense, maar dit was nie my voorland nie.

Elkgeval, almal wat my ken sal weet dat ek die grootste bring en braai gaan hou as ek die Lotto wen.

Uit irretasie het ek opgestaan, stoel nommer ses se poot afgeskop en weer gaan sit.

Die stoel sal nie gemis word nie – “Get the fuck out”

Die tor het vraag 4 in ‘n opstel verander.

  1. Wie motiveer jou, wie tel jou gemoed op as jou lip op die grond hang en waar is die bliksems wat verdwyn in n tyd van nood as daar ‘n skouer nodig is?

Iemand met ‘n probleem kan dit nie altyd wegsteek of dit sommer net self oplos nie. ‘n Probleem vir een person kan soos ‘n berg pronk voor hom of haar, maar dalk vir jou net na ‘n tolbossie lyk. Ek self is skuldig daaraan om sekere probleme van ander as tolbossies te sien, maar ek maak net eenkeer ‘n fout en leer daardeur. Glo dit of nie.

Hulp, leiding, motivering, liefde en ondersteuning is verniet – regtig mahalla.

As ek na ‘n vriend kyk en sy of haar lyftaal lees, die gelaatstrekke bestudeer en oplet na die manier hoe hy of sy praat oor iets dan sal ek luister, ‘n drukkie gee en saam gaan lê om die probleem uit hulle oogpunt te kan aanskou. Al kan jy nie, fokken probeer net, dit is die gedagte wat tel op die einde van die dag en daardie persoon wil net weet daar is iemand wat bystand bied. Ek sê weer, ek het my les geleer toe ek aan die verkeede kant gestaan en kyk het.

Nou kan ons saam op staan en ‘n oplossing gaan soek. Gee net jou hand wanneer ek myne na jou toe bring.

Raad is nie my sterk punt nie en nie eers ek wil my eie raad volg soms nie, maar in een uit tien gevalle is ‘n bietjie kak raad eintlik nie so kak nie.

Stoele tien, elf en vyf word op ‘n hoop gegooi.

Daar lê ‘n byl voor my en ek begin aan die tafel kap reg in die middel. Stuk vir stuk gooi ek dit eenkant toe om my tafel kleiner te maak vir die wat saak maak.

In die oomblik voel dit of die wêreld se spanning van my skouers af  rol en sonder dat ek geweet het, het die nommers wat ek uitgewis het my so ver terug en weg gehou van die geleenthede om te groei as persoon.

Die blote feit dat ek enige iets sou doen om aanvaar te word het e kook laat vaar.

Nommers twee, vier, agt en twaalf het oorgebly en ek het my stoel gevat en om die voos gekapte tafel te sit. Een vir een het die stoele met daardie vier nommers in ‘n half sirkel om my verskyn uit vrye wil uit.

Hierdie is die vrede in my lewe en ek gaan vrede in my lewe beskerm.

Van ‘n tafel na ‘n halwe sirkel om ‘n hopie stukkend gekapte hout.

Die harde waarheid van elke persoon se eetkamertafel is dat dit nie beperk word tot die hoeveelheid gaste om ‘n tafel nie.

Sommige mense probeer nog twaalf stoele byvoeg, maar ek kan nie, my tafel is nie Instagram nie en heg waarde aan elke vriendskap wat ek bou nou. Dit hang van jou af om te besluit of jy die mense se gasheer werd is en of hulle verdien om daar te wees, want nes ‘n verhouding vat vriendskappe werk en moeite om dit sterk te hou. As dit nie kan wees nie, skop die stoel se poot af en verwyder die persoon uit jou eetkamer, want hierdie mense om my tafel, die groep wat voor my nou sit, is waaroor dit gaan. Dit gaan oor die vrede en ek sal dit elke geleentheid opbring.

Moet nooit bang wees om vereistes te hê voor iemand om jou tafel kan sit nie, ken jou waarde as mens en maak n lys van gaste wat jy weet reg gaan wees in en vir jou lewe.

My vereistes vorentoe:

  1. Respek – die tipe respek wat jou as mens waardevol laat voel.
  2. Lojaliteit – agter my rug, in my gesig en langs my sy.
  3. Aanvaarding vir wie ek IS – krake en nukke ingesluit. Ek maak foute, elke dag.
  4. Eerlikheid in alle opsigte. Speel jou kaarte oop van dag een af.

 

Dit is wat ek soek en dit is wie gaan bly om my tafel omdat elkeen van hulle dit aan my kon bewys het.

Wat is jou jou vereistes? Besef net een ding, mense wat wil bly sal dit jou waardes aanvaar en dit respekteer ongeag enige iets.

Tevrede in my kop met my nuwe besluite vorentoe het ek op die balkon uitgestap om ‘n paar vars lugbabbels te hap aangesien ek nie meer kon slaap nie. Judas het op die stoep rondgesluip en die gedagte om hom skrik te maak het ek vinnig laat vaar toe hy ‘n skewe kyk van haat in my rigting in skiet.

‘n Uil het die lug in gevlieg en ek het verstaan hoekom Judas my aangegluur het. My teenwoordigheid het sy moontlike ontbyt, volgens hom, laat wegvlieg.

Effens teleurgesteld het ek sy kyk afgejak met ‘n pantoffel in sy rigting en besef ek het hom alweer ‘n lewe gespaar, want daardie uil sou hom moontlik vir ontbyt gehad het.

Bewaar die vrede in jou hart en gedagtes, maak so gemaklik as wat kom, want jy gaan daar lewe vir die res van jou lewe.

Vriende hou jou uit die kak uit.

‘n Laaste gedagte het deur my kop gesweef voor ek vir Katrien met yskoue hande en voete wou gaan wakker maak vir geselskap.

Nie almal is perfek nie, maar met die regte gaste om jou tafel kan jy perfek voel. Ken jou waarde om jou eie tafel en die tafels waar jy jouself geplaas het.

‘n Gesellige ete met die mense wat hoort om jou maak die wereld se verskil in ‘n lewe.

Jou kwaliteit van lewe word bepaal deur die mense wat vrede bring om jou tafel.

Beskerm dit.

Die einde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s