‘n Kraak in ‘n hart skep karakter

Daar lê ‘n glasbord met verfkuns en patrone op die kombuiskas.

Tel dit op en kyk daarna.

Wat sien jy?

Net ‘n bord?

Jy is reg – Dit is net ‘n bord.

Die bord het net een doel en dit is om kos op te dra.

Jy gaan sien wat jy wil sien.

Vir iemand anders is daardie bord dalk ‘n versamelstuk wat een of ander aangespykerde familielid gedurende die 1600’s in die tuin begrawe het voor jou hond dit weer ontdek het.

Dit is dalk ‘n geskenk vir iemand van iemand af wat na aan daardie person se hart is en dit heg sentimentele waarde aan die bord vir hulle.

Niemand behalwe jy gee regtig om wat die storie agter jou bord is nie is nie.

Elkgeval – terug by die punt voor ek te vêr afdwaal.

Jou hart beteken vir elke persoon wat oor jou pad kom iets of niks. Ander heg waarde aan jou hart en ander het jou hart lief. Party kan letterlik ‘n veer voel vir jou hart en word net gesien as ‘n ding wat bloed pomp. Die verkeerde intensies is geneig om dinge so raak te sien.

Terug by die bord.

Vat daardie bord wat op die kombuiskas lê en laat val dit op die grond.

Nou is daar hordes stukkies glas wat om jou voete lê. Gaan kry gou die skoppie, vee alles bymekaar en gaan sit dit op die tafel. Kry gom en  wat jy gaan nodig hê om die bord weer te plak.

Na ure se konsentrasie, jammer wees en plak is die bord weer aanmekaar.

Lyk dit dieselfde?

Nee, dit doen nie.

Is die bord kwaad? Nee.

Gee die bord om? Net mooi fokkol – dit is ‘n bord.

Die klomp krake gee die bord wel karakter.

As dit iets beteken het gaan jy dit iewers bêre waar dit veilig is en nie weer kan breek nie reg?

Ja, ek is reg.

Nes ‘n bord wat val en breek gaan jou hart soms laat val word en jy gaan dit wil beskerm teen alles en almal daarna. Al is die persoon wat dit laat glip het jammer, maak dit soms nie saak nie.

Jy is nie ‘n bord nie.

Wanneer dit gebeur gaan dit voel of jou hart nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Vergeet daarvan – tydelike emosie is geneig om jou bitter te laat vir ‘n rukkie.

Jy self wie se hart al voorheen gekraak is gaan iemand anders se hart perongeluk of aspris laat glip en dit gaan in stukke breek en jy gaan skuldig voel daaroor?

Gaan jy nie? dit was dalk ‘n ongeluk. Aksies het reaksies.

Ek sou – Ek voel vreeslik mismoedig soms, want ek het dit al reggekry om ‘n sonneblom se hart te kraak.

Lang storie kort..

Wanneer jou hart val, soms nie eers aspris nie, gaan jy oukei wees. Miskien net meer beskermend reageer teenoor ‘n ander hart wat joune wil hê.

Dit is nooit die einde nie. Jou hart klop nog.

Kyk so daarna – Jy is geskape om liefde te gee en te ontvang.

Wanneer jou siel geskep en in ‘n babalyfie gebore word is daar nie enkele kraak of krapmerk op jou hart nie. Dit klink perfek en meeste van ons wens dit kon viraltyd so bly.

Not likely.

Jammer jy is nie’n klip nie.

Soos die jare verloop van jongs af gaan jy gebliksem word met ‘n houtlepel  omdat jy aanjaag en dit gaan jou hart ook kraakmerk gee.

Jy mag dalk op jou hond se stert trap perongeluk en dit gaan jou hart breek wanneer jou hond tjank en nie verstaan wat jou fokken storie is nie.

Die punt is, jou hart is daar om gekraak te word.

Met jare vorentoe val jou hart deur verskeie hande en word keer op keer gekraak in ongewensde situasies.

Die krake misvorm jou hart en skep die illusie dat liefde nie vir jou is nie, maar in werklikheid gaan die liefde in jou hart nooit weg nie – al voel dit so.

Jou hart is geskep om lief te hê tot die laaste klop, nie net vir bloed pomp nie..

Moet nooit ophou glo in liefde na ‘n kraak nie.

In sommmige gevalle wil jou hart astrant baklei om te bly by die een wat jou hart laat glip het. Ander gevalle wil jy net die persoon in die gesig bliksem en hoop die nar verdwyn.

In ‘n oomblik van woede is besluite nie permanent nie.

Moving on…

Elke kraak wat jy het, het ‘n storie en elke storie maak jou die mens wie jy vandag is. Die krake gee jou hart karakter en maak jou siel sterker.

Ten spyte van al die krake en breke sit ons nogsteeds hier, hardegat en rebels wanneer ‘n ander siel aan jou hart wil raak. Soms gee ons in, soms skop ons vas.

My hart het nogsteeds die sonneblom lief wat ek verlede jaar gepluk het.

Die liefde in jou hart hou die krake by die bymekaar.

Om te aanvaar dat jy soms krake gaan veroorsaak is baie moeilik en soms wanneer dit voel of jou hart net wil ingee oor jy ‘n fout gemaak het onthou een ding – Jy is gestuur om daardie persoon se hart karakter te gee deur nog ‘n kraak te maak. Dit is daardie persoon se keuse of hy/sy dit kan aanvaar dat niemand perfek is en dat daardie persoon gaan opfok soos die dae kom en gaan. Elke siel jou liewe gaan jou hart iewers kraak.

Ons is net mens.

Die konklusie volgens die tor in my kop.

Nes ‘n bord wat val en breek gaan jou hart val en breek, maar dit kan reggemaak word. Dit hang van jou af of jy die skuldige ‘n kans wil gee om die skoppie te kry sodat daar geplak kan word.

Dalk wil jy dit eerder self wil doen? Fok weet, trots kan soms jou eie gat brand.

My hartsplek.

Die laaste gedagte wat deur my sweef bring ‘n kalmte wat die tor in my kop nie eers bevraagteken nie.

Die stoep by my huis is my hartssplek en daar kan ek van alles ontsnap. Mense, ongerieflikheid, sinnelose argumente en nuwe krake in my hart.  Dit wat my hart kraak kan ek hier vergewe.

Vergifnis bring vrede in jou hart.

Die liefde en gevoel wat binne die krake lewe in sal nooit verander nie. Al glo jy vas jy is klaar lief gehê.

As dit nie vir die krake in ons harte was nie sou nuwe sonstrale wat vrede en geluk bring nie ons harte kon deurdring en ophelder nie. Jy is nie ‘n klip nie.

Met die eerste kans wat oor my pad kom plak  ek die sonneblom se hart weer reg.

Is een kraak vir jou ‘n leeftyd se liefde verloor  en verwerp werd?

Nie vir my nie.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s