Bottel jou woede.

Hoe lyk woede in ‘n bottel?

Ek weet nie eintlik of dit net na een ding moet lyk nie, maar ek glo vas dit gaan vir elke persoon anders lyk.

Vra jouself eerder hoe gaan jy jou woede bottel wanneer jy in daardie posisie gesit word.

My woede lyk soos ‘n stokmannetjie wat op en af parradeer en nou en dan sy gebalde vuisies teen die bottel se kante vashamer om my te laat verstaan hy wil nou uit. Die donderwolkie oor sy kop het blitse en reen sonder ophou. Nou en dan verskyn daar ‘n paar leestekens wat die beste vloekwoorde beklemtoon.

Moet nooit laat iemand jou laat glo jy mag nie kwaad word nie. Dit is jou reg, maar leer om dit te beheer.

Die laaste paar weke het ek baie woede opgebou en moes verskeie metodes kry om dit te probeer bottel en dan in iets positiefs te belê. Sommige dae het dit gewerk, sommige dae nie.

Die bokssak het gebreek en my hande het begin lyk of ek dit teen ‘n hoenderhok geskuur het. Enige ander tipe vorm van oefen werk ook baie goed, maar my woede was net te groot om in een oefen sessie weg te gaan. Ek het diep in die bottel gaan kyk partye dae en gehoop dit laat my rustiger voel, maar nee dit het nie. Ek het net dik geraak en elke oggend se babbalas het my nogal omgekrap na ‘n rukkie. Tuinwerk is kak, want sonsteek en al die bukkery het ‘n merk gelos. Ek brand elkgeval net tamatie dan gaan dit weer weg en my kleurskema verander terug na  albino toe. Sonsteek is nog minder my gunsteling steek ook. Die natuur is ook nie so mens vriendelik as wat jy sou dink dit is nie. Daar is perdebye en allerhande kak wat jou gemoed gaan toets. Wanneer jy in ‘n bui van woede voel jy het nodig om die perdeby te verjaag met ‘n paar klappe, moenie, jy gaan bitter spyt wees. Perdebye is letterlik bang vir fokkol.

My grootste oorwinning wat my woede betref is die feit dat ek my tong kan byt sonder om te laat gaan wat ek presies wil sê. Daardie tipe selfbeheersing is ‘n ander vlak van selfbeheersing omdat ek baie gemeen en vieslik kan raak met woorde, soms so erg dat jy jou bestaan gaan bevraagteken. As jy wonder daaroor kom toets dit. My tong is skerper as ‘n minora lem.

Wat my grief is dat ek elke aand sover kwaad gaan slaap en kwaad wakker word en dit het my net weer van voor af kwaad gemaak. Die tipe kak wat jy droom is moontlik verban in ander lande en ek frons party oggende wanneer ek aan ‘n vorige aand se droom dink. Dit is wanneer ek tot twintig hase tel , diep asem haal, my oorlobbe vryf  en dan gou weer tot tien tel om seker te maak ek rand nie my kussing aan nie. Na daardie ritueel  besef ek, ek  word eintlik nou ‘n les geleer.  Die lewe gaan nooit regverdig teenoor jou wees nie, iewers moet jy hervorm word om te groei as persoon.

Beheer die woede in jou ten alle koste om mense verhoudinge te behou.

Die bliksem wat my woede die meeste met ‘n stok steek is die oordinkery wat konstant aan my karring . Oordinkery lei tot wantroue en wanneer jy een situasie of persoon begin wantrou loop dit oor van persoon tot persoon tot jy niemand meer wil vertrou nie. – nie eers ‘n enkele woord wat deur iemand gegorrel word nie.

Helfte van die woede wat jy in jou voel is niks anders as oordinkery nie.

My wantroue het begin by ‘n situasie waar ek nie die waarheid vertrou het nie. Noodwendig is dit nie die waarheid self nie, maar die hartseer wat daaraan geheg is. Die tor in my kop is besig om te groot te word.

Drie weke van hierdie nonsens het verby gegaan en ek het gevoel ek is gebreek aan die binnekant.

Ek is nie, ek weet dit vandag.

Ek hanteer my woede nou beter.

In die verlede was dit ‘n oorvloed van emosie waaroor ek nie beheer gehad het nie.

Om die gevoel te beskryf…

‘n Damwal breek en al die water stroom met mening uit in verskillende rigtings. Al jou emosies, kwaad hartseer wantroue en watookal nog borrel gelyk uit. Soos die engelse preek, “he just lost his shit” en dan kak al wat ‘n persoon is in die omtrek.

Jou brein, jou liggaam en jou siel sukkel om die stront waarin in die emosionele saadjie geplant is te aanvaar, veral as dit jou hart geraak het.

Onthou altyd, dit is jou reg om iemand se doen en late te bevraagteken en niemand het die reg om jou te laat glo jy is net onseker as jy rede gegee word om iets te bevraagteken nie. Om iets, nie noodwendig ‘n persoon nie, te bevraagteken wat jou hart in gevaar stel is menslik.

Gelukkig hoef jou woede nie gesien te word nie. As iets jou woedend maak  moet jy dit bottel en jouself genoeg respekteer om nie ‘n poephol van jouself te maak nie.

Dit is net ‘n emosie wat ontsnap in ‘n oomblik van swakheid wat jou hart in ‘n onvoorspelbare stoei beweging vasgepen het. Ons leer eventueel om te kies hoe om daaroor te reageer. Bottel dit, staan terug en kyk na jou verbeelde bottel woede hoe jy dit sal sien, sluit dit toe in die kas en gaan soek ‘n rustigheid wat die duiwel homself ‘n nagmerrie of twee sal gee.

Jy gaan wel iets vind om dit in ‘n positiewe energie te kan omdraai.

Niks of niemand het die reg om jou gemoed  so te befok nie. Niemand nie. Loop weg, voor jy die persoon in die gesig wil bliksem.

Nes ek dit weet, weet jy woede kan in enige vorm, plek, situasie of gesig in jou pad spring.

Haal asem, tel tot tien, fokus en gryp dit aan die strot.

Jou woede gaan jou nie reggeer nie.

Bottel dit.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s