Bang raak.

Bangraak is nie vir laaities nie.

My gedagtes dwaal ver af wanneer ek snags in my enkelbed lê en wag vir klaasvakie om my oor die kop te bliksem met sy sandsak.

Nie elke aand nie.

Net soms.

Ander aande haal ek nie eers nie bed nie.
Verlede week het ek voor my kamerdeur wakker geword na ‘n braai by Frikkie se huis..

Wanneer my gedagtes wel dwaal gaan dit na plekke toe wat my vir ure wakker hou.

Vannaand steek dit vas by reptiele.

Ek wonder of ‘n krokodil se stert ook af val wanneer dit skrik?

Volgens die biologie onderwyser wat ek gehad het is ‘n krokodil deel van die akkedis familie.

Akkedisse se sterte val af.

Vir hom het ek net mooi fokkol vetrou nie, veral nie nadat ek ‘n oopboek toets gefruip het in sy klas nie.

Beteken dit ‘n Krokodil se stert ook?

Ek weet nie.

Teveel vrae sweef deur my kop.

Slaap gaan nie gebeur nie.

Dit weet ek wel.

Hoe maak jy ‘n krokodil skrik?

Hoekom sal iemand sommer ‘n krokodil wil skrik maak?

Seker om te sien of hulle sterte ook af val?

Ek dink so.

Wie gaan die eerste persoon wees om ‘n krokodil skrik te maak?

Die idee het al my deur my gedagtes gesweef, maar ek is besige man en my tyd is min deur ‘n dag.

Niemand volgens my kennis het al ooit die knaters gehad om ‘n krokodil sommer vir die pret skrik te maak om te sien of sy stert regtig gaan af val nie.

Dalk moet ek daardie man wees met die tennisbal knaters?

Waarvoor is krokodille bang?

Seker verwerping.

Almal is bang vir verwerping.

Hulle lyk nie bang daar by die krokodil plaas nie in George nie?

As ek wel ‘n krokkodil was sou ek bang wees my stert val af.

Niemand gaan seker ooit weet nie.

Minute later oortuig ek myself krokodille raak nie bang nie.

My gedagtes dwaal weer in ‘n ander rigting in.

Deesdae voel ek relatief soos ‘n krokodil.

Bang vir fokkol.

Daar is wel hier en daar iets waavoor ek versigtig is.

Die tor in my kop het rondgeskarrel om alles waarvoor ek moontlik skrikkerig is bymekaar te maak.

In die volgorde.

1. My ma wanneer sy my op my van roep. Dit is vanselfsprekend dat sy al oppad is om my te bliksem en ek al moes begin hardloop het.

2. Slange langer as ‘n liniaal. Gewoonlik hardloop ek net uit geduld uit, maar as daardie liniaal beweeg is ek weg.

3. Spinnekoppe groter as sandkorrels. ‘n Rooi Roman het my al soos ‘n tiener meisie laat skree.

4. Katrien se buie eenkeer ‘n maand. Die kleinste goed, soos ek wat asem haal, irriteer haar grensloos.

5. Katrien se pa wanneer hy na my kyk met een wenkbrou gelig. Hy bevraagteken tot vandag toe nog oor wat sy dogter in my sien. Ek is fokken sjarmant, was nie die regte antwoord nie en hy het my aan my kraag by die huis uitgesmyt. Gelukkig is ek soos ‘n harige moesie op jou bolip – jy raak my eventueel gewoond.

6. Donderstorms, weerlig, hael en reen. My siel verlaat my liggaam wanneer ek weerlig sien en dit hier diskant my gat blits.

Nie dat ek bang is vir hierdie situasies nie,net versigtig.

My gedagtes keer weer terug na my kamertoe.

Dit is ‘n moerige aand vanaand.

Elke keer wanneer die weerlig slaan mis my hart ses kloppe en my selfvertroue daal met minstens tien persent.

Durf ek bo die kombers uitkyk? Die wit blitse is nogal swaar op my gemoed.

Bly ek net waar ek is met die kombers oor my kop getrek? Dit voel veiliger.

Ek is nie seker of mense ‘n kwota het op hoeveelkeer jou siel jou ligaaam kan verlaat voor jy heeltemal jou gat sien nie.

Om myself te oortuig dat my ma nie bang kinders groot gemaak het nie, het nie gewerk nie.

Nie vanaand nie.

Daar is vreemde geluide wat klink na lang naels wat oor ń swartbord krap en ek moet myself kalmeer voor ek dalk ń beroerte kan kry.

In die proses het myself oortuig dat dit net my verbeelding is en dat dit moontlik net ‘n paar boomtakke is wat die afdak kielie.

Die weer het swaarder geraak, geluide intenser en skaduwees het my bekruip van alle kante af.

Ek het wel die intense geluide probeer intimideer met ‘n dreigiment deur soos ‘n agressiewe hond met hondsdolheid te grom, maar dit het meer na’n oorgewig hondjie geklink wat sukkel om te kak.

Hier kom kak.

My gedagtes het weer oorgeneem.

Jy kan my niks vertel van bangmaak stories af nie.

Onskuldige mense wat broei in die bed wanneer die weer so misluk is word gewoonlik deur ‘n gedaante onder die bed, ‘n verdwaalde spook of ‘n psigopaat met byl getreiter.

Vrees het my weer oorrompel en vasgedruk.

My asem het gejaag.

Die laaste bangmaak fliek wat ek gekyk het was oor ‘n spook wat baie kak gemaak het vir ‘n liefdevolle gesin. Later in die fliek was daar ‘n deel waar die spook die slagoffer aan haar enkels gryp en in die gang af sleep.

Skrikwekkend.

Ek was vir dae lank t ebang om in die nag te piepie.

Is daar dalk ‘n moontlikheid dat so iets met kan gebeur vannaand?

Ek hoop nie so nie. Hier is net matte in my huis en ek sal graag derde graadse mat brandwonde ten alle koste wil vermy.

Die krokodil het weer in my gedagtes opgekom en my oë het piering groot geraak.

Mense het nie sterte nie.

As ek nou sou moes skrik?

Wat van my sou dan af val??

Die vreemde geluide het weer deur my kamer getrek en ek besef dadelik ek moet my kamer lig aankry sonder om vermoor te word.

Stadig loer ek bo die kombers uit in die donker en fokus op die skaduwees in die kamer.

Die skaduwees in my kamer.

1. My yskassie. ‘n Man raak honger deur die nag.

2. Deurmekaar lessenaar.

3. Nuwe ongebruikte gholfstokke

4. My fiets, ook nog nooit gebruik nie.

5. ‘n Intimderende figuur op my lessenaar stoel.

6. Die res van my rykdom. Fokkol van waarde nie.

Die tor in my kop het halfpad deur dierondkyk vasgesteek by wat die fok ek op my lessenaar stoel gesien het.

My bloed het gestol en elke haar op my lyfhet regop gestaan terwyl ń yskoue rilling teen my nek afgehardloop het tot diskant my steitjie.

Ek het vining weer terug gekyk in daardierigting. Daar was inderdaad ń intimiderende donker figuur op die lessenaar se stoel.

ń Skril piep geluid het my lippe ontsnap en ek het my kop weer toegtrek.

Die idee van ń spook of ń reeksmoordenaar in my kamer het my vreesbevange gehad en ek het myself beslis in een van my bangste oomblikke bevind.

Nie die heel bangste nie.

Die bangste wat ek nog ooit in my lewe was, was toe ek een oggend in my Ouma se kamer gaan rondsnuffel het. Ouma en Oupa het ingekom en ek het in die bedkassie geklim voor hulle my kon sien.

Ouma sou my dood bliksem as sy my daar gevang het.

Hulle het vryerig geraak en ek het bekommerd geraak omdat ek regtig nie geweet het wat nou aangaan nie.

Doen oumense nog die goed?

Duidelik doen myne!

My bangste oomblik was toe my Oupa opstaan van die bed af en skree dat hy nou so orig is, hy sommer die bedkassie moertoe gaan skop.

Dit is die eerste en laaste keer wat ek gaan erken dat ek myself nat gepis het.

Gelukkig vir my het my Oupa se heup uitgehak voor hy kon skop.

My gedagtes het terug na my donker kamer gekeer.

Die tor in my kop het oortyd gewerk en sonder om te dink het ek net gedoen.
Vol bravade het ek opgespring, ‘n nuwe golfstok gegryp en die figuur bestorm met ‘n aanvals kreet.

Ongelukkig het ek verstrengel geraak in ń broek wat op die grond lê en hard neer gebliksem.

Doodse stilte.

Behalwe vir die verskoning van ‘n broekhoesie wat ek gelos het, het ek my asem opgehou en gewag dat die ding my bespring, byt of skop en in die gang aftrek.
As gevolg van ń aktiewe rokers bors moes ek na tien sekondes opgee met asem ophou.

Niks het gebeur nie en ek het geweet ek gaan eerste moet aanval.

Golfstok en al het ek opgespring en wild geswaai, maar nie een hou het getref nie en om eerlik te wees het ek relatief moeg begin raak. Na omtrent vyftig houe wat mis was, het een getref. Daar was n harde ontploffing en die swart figuur het die lug in geskiet en die kamer vol gevlieg.

Het ek nou die ding net afgepis vir die doods aanval?

Sonder huiwer het ek omgevlieg en onder my bed ingeduik.

Na ‘n paar minute se wag en oordowende stilte het ek ‘n kans gevat en haastig na die deur toe gekruip om te ontsnap of net die lig in die kamer aan te kry.

Sonder enige aanval het ek die lig aangekry.
My oë het die kamer gefynkam en toe ek sien wat gebeur het en wie my bedreig het, het ek in my stoel gaan sit met my kop in my hande gesak. ń Gevoel van hartseer en verligting het my oorspoel en ek het begin lag.

My verjaarsdag geskenk van Frikkie af het soos bondel wasgoed op die grond gelê.

Die opblaaspop, Lawwe Lienkie is voos geslaan met ń golfstok en dit het my ń bietjie skuldig laat voel. Frikkie se geskenke word altyd bevraagteken, maar hy het net goed bedoel omdat ek ‘n enkelopende haan volgens is hom wanneer Katrien in ‘n ander provinsie kuier.

Op daardie oomblik het die weerlig die krag uitgeslaan en ek het so groot geskrik dat ek met twee spronge onder my bed in is waar ek die res van die aand gebly het.

Die laaste wat ek kon onthou voor ek weer ingesluimer het na die stresvolle aand was ‘n plan om Frikkie se geskenk te red.

‘n Pleister en ń fiets pomp sal Lawwe Lienkie se probleme oplos môre.

Bangraak is verseker nie vir laaities nie.

Die einde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s