Bel hemel toe.

Die enigste plek waar ek regtig vrede en rustigheid in my hart ervaar is op my stoep wanneer dit donker raak en die stilte begin raas in my ore.

Geen mens kan soveel rustigheid naby my bring nie.

My oorfone word opgesit en ek sweef weg saam met die musiek.

Dit is op hierdie einste stoep waar ek al kom sit en dink het aan alles in tye wat ek wou opgee en ook gevoel het niks maak sin nie.

Hoekom vrae het my oorval.

Meer as een keer.

Gelukkig is kommunikasie van bo in oorvloed.

Miskien voel meer as een van ons daar is iets wat ons terughou.

Kettings om ons enkels en gewrigte.

Vrees.

Rusteloosheid.

Kruispaaie, watter rigting moet ek gaan?

Hartseer uit die verlede wat knaag aan ons siele.

Wat nou in die wêreld gebeur. Hoe dit alles affekteer, fisies en emosioneel.

Dit maak my bang.

Hoop is een oproep weg.

Al die gedagtes breek soos massiewe branders agter in my gedagtes.

Haal asem.

Dit is nie hoekom ek hier sit vannaand nie.

Vannaand bel ek hemel toe om te praat oor alles wat my pla en om dankie te sê.

Ek blaai deur my lewensboek, terug na die verlede om goeie en slegte herinneringe weer te herleef.

Alles net kreukels in my hart wat uitgestryk kan word.

Die slegte herinneringe krap ek dood, dit is irrelevant nou.

Wanneer ek tevrede is blaai ek vorentoe na die bladsye sonder ink en droom oor waar ek hoop my lewensboek my heen kan vat eendag.

Ek weet ons kan dit nie bepaal nie, maar God het vir ons elkeen ‘n kompas gegee.

Ons gebruik dit net nooit nie.

Ek gaan nou.

Die perfekte oomblik op my stoep word vannaand deur die reuk van reen in my longe komplimenteer.

Hartstrelende musiek in my ore wat my soveel keer bygestaan het in eensame, hartseer en gelukkige tye vou my toe in ‘n vertroosdende kombers.

Ek voel rustig.

Ek voel vrede.

Ek voel veilig.

As ek kon kitaar speel het my vingers die hart rakende Halleluja lied lewe op my stoep gegee, sonder my stem natuurlik, net ek wat die wysie neurie.

Die geleentheid om met Hom te praat is hier.

Tyd het gekom om dankbaar te wees vir dit wat ek het en ook nie het nie. Dankbaarheid vir die mense in my lewe wat soos velcro plak en ook die mense wat oppad uit is met n eenrigting kaartjie om ander se siele te gaan versondig is op my agenda.

My siel is nie meer te koop nie.

Miskien is dit ook nou die tyd om te praat oor die kettings wat my vashou. Kom ek bluf myself nie, ek is nie Simson wat die kettings net kan afruk en alles gaan oukei wees nie.

Ek kort hulp.

Ons almal kort hulp.

Waar kom my hulp vandaan?

Van bo af.

Angs vat oor wanneer ek daaraan dink en ek voel dit is tyd om te praat tot die gevoel van angs soos water van my rug afrol.

Waar begin ek?

Hoekom weet ek nie wat om te sê nie.

Ek gaan ‘n please call me stuur.

Vrees om te praat is net nog ‘n tydelike geroerste ketting wat gaan breek.

Ek gaan nie meer bang wees nie.

Please call me delivered.

Dit bring my op my knieë en ek breek stukke klip om my hart af, al het ek myself teveel probeer oortuig dat ek ‘n hartelose wese wil en kan wees.

Ek is nie.

Wie hier lees vannaand, doen jouself ‘n guns en bel hemel toe, neem die atmosfeer om jou in en voel hoe die rustigheid deur jou are vloei.

Asem in.

Asem uit.

Laat gaan elke hindernis wat jou vaspen saam met die lug wat jy uitblaas.

Ruk en pluk aan jou kettings uit die verlede.

Groet die verlede se hartseer, daardie hoofstukke is verby.

Bel hemel toe.

Vat ‘n minuut en gesels met God.

As jy nie weet hoe nie, stuur ‘n please call me.

God sal jou terug bel wanneer jy reg is.

Tel op wanneer Hy bel.

Wanneer jy voel jy kan nie, sal Hy jou help om jou kettings te breek wat jou terughou.

Ek leef myself weer in die Halleluja lied in.

My gedagtes is skoon.

Ek leef ‘n oomblik in die hemel uit.

Daar is ‘n engelkoor om my waar ek aan die voet van ons Vader sit.

Halleluja, hallelujah…

My kop sak stadig grond toe, alles raak stil en donker om my.

Ek hoef nie meer bang te wees nie.

‘n Glimlag vorm.

My oë sluit.

Dit is tyd.

God het terug gebel.

God het terug gebel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s