;

Alles wat ek vir granted gevat het in die verlede, verlang ek na vandag.

Ek verlang na alles!

Veral die dae wat ek in retail gewerk het.

Die interaction met mense, veral die moeilike mense sal ek nooit vergeet nie. Sal my linker klinker gee om weer die kwaai oom te sien wat my hiking boot display in sy moer in geskop het. Ek weet nie eers hoekom hy dit gedoen het nie. As ek hom nou sien sal ek hom ‘n onwettige drukkie gee.

Ek het lang ure gewerk, veral oor naweke en ek het gekla daaroor.

Nou verlang ek terug.

Ek verlang na Vrydae middae en Saterdae oggende se koffies na ‘n oefensessie saam met een van my beste vriende.

Dit was goeie tye, met ons eendag ryk raak idees.

Daar is mense wat ek verlang, goeie mense, vreemde konneksies, maar tog goed vir my siel mense.

Ek glo hulle weet wie hulle is.

Vanoggend het ek op ‘n klip gaan sit by ‘n stopstraat en net na die mense gekyk so tussen my masker en keps deur.

Ons mag mos buite wees tussen 6 en 9.

Niemand lyk meer regtig gelukkig nie. Ek self is nie meer gelukkig nie en ek weet ook nie meer wat my eintlik gelukkig sal maak nie.

Ek lewe met gevoel, luister met gevoel, doen met gevoel, alles bestaan uit gevoel.

My hart onthou elke gevoel uit die verlede.

Ons kan hoop vir beter dae, maar niks sal regtig weer dieselfde wees nie.

Kom ons gooi ‘n dobbelsteen vir die beter vorentoe.

Ek is in die hede, maar my hart lê in die verlede.

The past feels like home to me..

#vatmyterug #verledeismyhuis #etiesestories

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s